Bastian Blom en die Gillende Geraamte

Jaco Jacobs

Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank ‘n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die onderste verdieping van ‘n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa bly op die boonste verdieping.

Bastian versamel graag vreemde goed soos valstande, ou brille, posseëls met vlermuise op (hy het nog net dertien – daar is nie baie seëls met vlermuise op nie), skilderye van katte (hiervan hou Cheddar, sy troetelrot, glad nie), porselein-uile en boeke met spookstories.

Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture! Jong lesers sal Bastian se ongewone en humoristiese avonture verslind!

Bastian Blom en die gillende geraamte
Bastian is al gewoond aan vreemde besoekers in sy pa se antiekwinkel. Maar dis die eerste keer dat ‘n geraamte by die winkel kom inloer. Wie is die geheimsinnige Max Beekman wat laatnag in die winkel opdaag? En waarom speel hy sulke treurige leidjies op sy saksofoon? In die nuutste avontuur moet Bastian ‘n beenaf geraamte help om die meisie van sy drome, die pragtige Patella du Preez, se hart te wen!

Oor die outeur:
Jaco Jacobs woon in Bloemfontein. Meer as 70 kinder- en jeugboeke het reeds uit sy pen verskyn. Hy is elf keer met die ATKV-kinderboektoekenning bekroon. Verdere toekennings sluit in die Alba Bouwer-prys en die CP Hoogenhout-medalje vir sy bundel rympies Wurms met tamatiesous asook die Elsabe Steenbergprys en die SATI-prys vir sy vertaling van Willemien en die geel kat.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R80-00*
*Prys onderhewig aan verandering

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.