Bastian Blom en die pratende portret

Jaco Jacobs

Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank ‘n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die onderste verdieping van ‘n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa bly op die boonste verdieping.

Bastian versamel graag vreemde goed soos valstande, ou brille, posseëls met vlermuise op (hy het nog net dertien – daar is nie baie seëls met vlermuise op nie), skilderye van katte (hiervan hou Cheddar, sy troetelrot, glad nie), porselein-uile en boeke met spookstories.

Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture! Jong lesers sal Bastian se ongewone en humoristiese avonture verslind!

Bastian Blom en die pratende portret
Bastian is al gewoond daaraan dat vreemde goed met hom gebeur. MAar dis die heel eerste keer dat hy ‘n skildery hoor praat. Wat gaan aan met die portret wat sy pa gekoop het? Wie is die vrou op die portret, en hoe het so ‘n kosbare skildery op ‘n veiling beland? Kort voor lank moet Bastian en Lindi die geheim van die pratende portret probeer oplos – en seker maak dit beland nie die keer in die verkeerde hande nie…

Oor die outeur:
Jaco Jacobs woon in Bloemfontein. Meer as 70 kinder- en jeugboeke het reeds uit sy pen verskyn. Hy is elf keer met die ATKV-kinderboektoekenning bekroon. Verdere toekennings sluit in die Alba Bouwer-prys en die CP Hoogenhout-medalje vir sy bundel rympies Wurms met tamatiesous asook die Elsabe Steenbergprys en die SATI-prys vir sy vertaling van Willemien en die geel kat.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R80-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.