Beertjie gaan kuier

beertjie gaan kuierBeertjie is seker een van die wêreld se mees sjarmante kinderboekkarakters. Die eenvoudige teks deur Else Holmelund Minarik en die evokatiewe tekeninge deur Maurice Senda, internasionaal beroemde en bekroonde kinderboekillustreerder, skep vir die kind ‘n verbeeldingswêreld waarin hy altyd tuis voel.

Al vyf titels in die Beertjie-reeks sal in ‘n wye kring byval vind, aangesien dit uitstekende voorleesboeke is. Die kleuter wat die verhaal een of twee maal gehoor het, sal dit self aan die hand van die illustrasies kan volg. Dit is ook besonder geskik vir self-lees deur kinders wat pas leer lees het.

In hierdie boek gaan Beertjie by sy oupa en ouma kuier. By hulle is daar altyd so baie om te doen, baie om te sien en baie om te eet. Sy oupa is nooit te moeg om met hom te speel nie, en sy ouma vertel hom wat Mamma Beer gedoen het toe sy klein was. Soos alle oumas en oupas bederf die ou bere hul kleinseun vreeslik, en daar is niks waarvan Beertjie meer hou nie.

Hierdie klassieke wêreldliteratuur is nou ná baie jare weer in Afrikaans beskikbaar.

Oor die outeur:
Die boeke wat deur Maurice Sendak geskryf en geïllustreer is, word al vir meer as 40 jaar deur kinders en volwassenes bewonder. Sy werk het gevestigde idees oor wat kinderliteratuur is, en behoort te wees, uitgedaag. Die New York Times het erken dat Sendak “‘n nuwe dimensie aan die Amerikaanse kinderboek gebring het en mense se sieninge oor kinderwees verander het”. Hy wen in 1964 die Caldecott-medalje vir Where the Wild Things Are, sy mees bekende werk – in Afrikaans bekend as Wildekanisland. Hy wen ook o.a. die Hans Christiaan Anderson-prys. Maurice Sendak is in 2012 oorlede, in die ouderdom van 84 jaar.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R89-95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.