
Dr. Dirk Hermann se eerste historiese fiksie is ‘n boek wat handel oor die storie van hoop oor sewe geslagte heen. Foto: Reint Dykema.
Begrond is ‘n verhaal van hoop wat oor sewe geslagte strek, van die Afrikaner se val en opstaan, speel af tussen die stowwerige tente van die Heilbron-konsentrasiekamp, in die afgebrande plaashuis op die Vrystaatse vlaktes, in die krygsgevangenekamp in Ceylon en rondom ‘n ou stinkhouttafel op ‘n plaas se stoep.
- Hierdie boekvoorlesing word in samewerking met Kraal Uitgewers aangebied. Die voorlesing is gedoen deur Marianne Breytenbach en die versorging en redigering van die opname is deur Pretoria FM hanteer.
Luister ook vorige voorlesings uit die boek.