Ek besef, as jy twyfel oor die toekoms – bou dit. As jy iets wil nalaat – plant dit. Hierdie is die begin van my storie. Ek is Faan Venter van Staan Op! se grond – in Afrika is ek geplant, in Christus is ek begrond.
Luister nou saam na die volgende voorlesing uit die boek Begrond.
- Hierdie boekvoorlesing word in samewerking met Kraal Uitgewers aangebied. Die voorlesing is gedoen deur Marianne Breytenbach en die versorging en redigering van die opname is deur Pretoria FM hanteer.