Begrond is ‘n verhaal van hoop wat oor sewe geslagte strek, van die Afrikaner se val en opstaan, speel af tussen die stowwerige tente van die Heilbron-konsentrasiekamp, in die afgebrande plaashuis op die Vrystaatse vlaktes, in die krygsgevangenekamp in Ceylon en rondom ‘n ou stinkhouttafel op ‘n plaas se stoep.
- Hierdie boekvoorlesing word in samewerking met Kraal Uitgewers aangebied. Die voorlesing is gedoen deur Marianne Breytenbach en die versorging en redigering van die opname is deur Pretoria FM hanteer.