‘n Plaasmoord ruk ‘n gemeenskap en familie tot stilstand en dwing die jong Faan Venter om terug te keer na die plek waar sy geliefde oupa vermoor is. Sy terugkeer na die plaas krap wonde van woede oor die moord, misdaad, korrupsie en die verval van die land oop. Faan is wanhopig oor sy toekoms in Suid-Afrika, maar antwoorde op sy vrae oor die toekoms kom vanuit ‘n overwagte oord – uit die verlede, soos vertel deur sy grootouma, Katryn.
- Hierdie boekvoorlesing word in samewerking met Kraal Uitgewers aangebied. Die voorlesing is gedoen deur Marianne Breytenbach en die versorging en redigering van die opname is deur Pretoria FM hanteer.
Luister hier na vorige voorlesings van die boek.
Goeiedag
Ek is sooo jammer, maar het deel 5 gemis.
Is daar enige moontlikheid dat ek dit kan kry?
Ek geniet dit geweldig. Die laaste storie wat ek gesluister het, many, many moons ago, was die Du Plooys van Soetmelkvlei. Kan julle dit glo?
Byvoorbaat dank
Jenny
Dagsê Jenny
Luister hier na deel vyf.
Groetnis
Milan
nms. Maroela Media