Sommige mense vind dit handig dat films gekategoriseer word met ouderdomsaanbevelings, asook advies oor watse inhoud om te verwag (met aanduidings soos VSNL vir violence, sex, nudity en language) – dit help ons om ingeligte keuses te maak. Dit is veral sommige ouers wat sê dat hulle dit waardevol vind om besluite te neem oor watter inhoud vir ons kinders gepas is.
Op Netflix is waarskuwings soos Smoking of Drug use ook deesdae by inhoud te siene.
Tog word boeke in Suid-Afrika nie só gekategoriseer nie. Jy lees nog so ewe, en voor jy jou oë uitvee, is jy midde-in ʼn bloedige misdaadtoneel of ʼn stomende oomblik van passie. Dis meestal maar die uitgewer of boekhandelaar wat besluit of ʼn boek in die kinder-, jeug- of volwasse afdeling moet staan, en of dit as ʼn liefdesverhaal, ʼn speurverhaal of ʼn reisverhaal geklassifiseer behoort te word.
Behoort Suid-Afrikaanse boeke nie soortgelyke inhoudsadvies as films te bevat nie?
Wat is jou mening?
Ons wil weet of Afrikaanse lesers – jonk én oud – meer advies oor die inhoud van fiksieboeke wil hê. Dit is waaroor hierdie kort vraelys handel.
Deur onderstaande vrae te beantwoord, aanvaar jy die bepalings en voorwaardes van hierdie vraelys. In kort kom dit op die volgende neer:
- Jy bly volledig anoniem. (Ons vra nie eers jou naam of kontakbesonderhede nie.)
- Jy neem vrywillig deel.
- Jy word nie betaal om deel te neem nie.
- Jy is 18 jaar of ouer.
- Ons mag jou antwoorde vir navorsingsdoeleindes gebruik en daaroor publiseer.
Hierdie vraelys het ongelukkig verstryk.
Bepalings en voorwaardes
Navorsingsbeleid en ingeligte toestemming
- Hierdie vraelys is deel van ʼn navorsingsprojek wat ten doel het om allerhande vloekwoorde in Afrikaans beter te beskryf, en veral om te verstaan wanneer mense bepaalde vloekwoorde gebruik (of nie gebruik nie). Klik hier vir meer inligting oor die projek.
- Die navorsing is goedgekeur deur die navorsingsetiekkomitee van die Noordwes-Universiteit. Die etiekklaringsnommer is NWU-00632-19-A7 en die amptelike titel van die projek is “What the Swearword! Multidisciplinary research and scientific communication on cursing” [Wat de Vloekwoord! Multidissiplinêre navorsing en wetenskapskommunikasie oor vloek].
- As jy enige vrae oor die navorsing het, stuur gerus ’n e-pos aan Gerhard van Huyssteen by [email protected].
- BAIE BELANGRIK: Persoonlike inligting word slegs vir statistiese doeleindes gebruik. Jou persoonlike inligting sal altyd volledig anoniem hanteer word en onder die strengste sekuriteitsmaatreëls gestoor word. Ons stel werklik nie belang in wié iets antwoord nie, maar eerder in watter tipe persoon iets antwoord.
- Ons stoor wel koekies op jou rekenaar, ten einde sover as moontlik te verseker dat jy nie (aspris of per ongeluk) vraelyste meer as een keer invul nie. Die koekies is ook nodig om jou persoonlike inligting (soos jou geslag, ouderdom, ens.) aan jou antwoorde te koppel. Ons sal egter nóóit jou e-posadres, wagwoord, skermnaam en (opsionele) regte naam en van aan die vraelys- en meningsopnamedata koppel nie.
- Jy kan enige tyd besluit om nie meer aan die navorsingsprojek deel te neem nie. Al jou persoonlike inligting sal dan van ons sisteem verwyder word.
- Deur hierdie beleid te aanvaar:
- verklaar jy dat jy 18 jaar of ouer is;
- gee jy toestemming dat ons die resultate vir navorsingsdoeleindes mag gebruik;
- erken jy dat jy vrywillig aangemeld het om aan die navorsing deel te neem; en
- erken jy dat jy geen vergoeding vir jou deelname ontvang het nie.
Dis goed as daar beperkings is maar wie neem die besluit daaroor . Elke persoon se waardes stem nie ooreen met ander se waardes nie . Vir een is dit of dat aanvaarbaaraar nie vir die volgende persoon nie . Die sauk byvoorbeeld sè jy kan gaan kla as n hulle nie volgens ” hulle ” etiese kodes optree nie . As hulle die film gewys het wat is die punt om agterna wanneer die skade gedoen is dit vir hulle te sè. Sulke ondeurdagte rated films word nou al vroeer saans gewys en dit is besig om die morele verval in die land aan te help . Die wat die tipe rated programme of films toe laat moet eerder ondersoek word
My dogter is dol oor lees. Sy het baie vinnig meeste kinder boeke klaar gelees. Dis baie moeilik om nou boeke vir haar te kies. Sal baie help as daar meer inligting buite op die boek verskaf word (i. t. v sekere beperkings) in plaas van dat ek alle boeke vooraf moet lees…