Bek sonner brieke

Elias P. Nel

’n Versameling van die rubrieke van Elias P. Nel wat in die Taalgenoot verskyn het. In hierdie vertellinge is oom Goliat Tross, oftewel oom Gollie of kortweg sommer oom Goltros aan die woord. Hy het heelwat te sê oor die eienaardige mense van Verneukpan en die eienaardighede wat hulle doen en sê. Daar is stories oor oom Goltros se ontmoetings met spoke, die moelikheid wat hy as “outerlink op die banke” met verkeerde mense het, mouters wat gaan staan of te vinnig ry, en dan is daar nog die drank ook. So vertel hy van ou Hans Arnols: “Onbruikbare mens as daar al ooit een gewees’it. Hy’t mos van jongsdae af die probleempie mettie drank saam. En hoe ouerter hy raak hoe erger raak die affering. Smaak my hy was oppe kol ok amper uit sy vrou uit oor diese drinkery.”

Nel skryf hier in die dialek van die mense van Verneukpan in die Noord-Kaap, wat met sy eiesoortige uitdrukkings en woordeskat op sigself die boek lesenswaardig maak.

Oor die outeur
Elias P. Nel is op Verneukpan gebore en begin sy skoolloopbaan daar, maar matrikuleer aan die Hoërskool Kraaifontein. Hy studeer aan die UWK en is tans ontwikkelingsorganiseerder van die ATKV. Hy publiseer ’n bundel kortverhale, Iets goeds uit Verneukpan? (1998) en verhale in verskillende tydskrifte.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R130,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.