Beste storieboek ooit

deur Richard Scarry

Hierdie boek is ’n versameling boeiende stories en rympies wat die gevierde kinderboekillustreerder Richard Scarry se immergewilde dierekaraktertjies insluit. Die vrolike verhale en prettige illustrasies maak dit die beste storieboek ooit…

Oor die outeur:
Richard McClure Scarry (1919–1994) is ’n wêreldbekende Amerikaanse kinderboekskrywer en -illustreerder wat meer as 300 boeke gepubliseer het waarvan daar 300 miljoen eksemplare verkoop het. Scarry is gebore in Boston, Massachusetts. Ná skool het hy studeer aan die School of the Museum of Fine Arts in Boston. Sy studies is onderbreek deur die Tweede Wêreldoorlog en ná die oorlog het Scarry by verskillende tydskrifte se kunsdepartemente gewerk voordat hy met sy suksesvolle loopbaan as illustreerder begin het.

Oor die vertalers:
Shané Kleyn (1986) is sedert 2010 Protea Boekhuis se kinder- en jeugboekredakteur. Sy het al meer as 40 kinderboeke uit o.a. Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal.

Daniel Hugo was ’n spesialisomroeper by Radiosondergrense en was verantwoordelik vir die literêre program “Leeskring”. Hy is ’n gerekende digter met 13 poësiebundels op sy kerfstok. As vertaler het hy reeds die werke van o.a. Tom Lanoye, Rutger Kopland, Herman de Coninck, Harry Mulisch, Herman van Veen en Cecily Mary Barker in Afrikaans vertaal.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae