Biografie van ‘n bende: Die storie van Fokofpolisiekar

Annie Klopper

Francois, Hunter, Wynand, Jaco en Johnny is die vyf lede van Fokofpolisiekar. Sedert hul eerste optrede in 2003 het dié band dikwels die koerante gehaal: Musiekjoernaliste was opgewonde oor hulle klank, maar hul omstrede uitlatings het dikwels groter opslae gemaak.

Maar wie skuil agter die uitdagende naam?
Sommige lesers sal verbaas wees om te hoor dat die meeste van die lede in ’n charismatiese kerk bevriend geraak het, dat hulle ’n bemarkingsveldtog uitgedink het nog voordat hulle enige liedjies geskryf het en dat hulle eens op ’n tyd skaars sjampoe kon bekostig. In Biografie van ’n Bende kan nuuskieriges lees van Fokofpolisiekar se lewe in die huis wat hulle “The Barracks of Rebellion” gedoop het, asook van die ander suksesvolle splintergroepe wat ontstaan het uit dié kerngroep.

In hierdie biografie word vertel hoe dié uiteenlopende individue boesemvriende geword het en die eerste suksesvolle Afrikaanse punkrockgroep gestig het deur bloed, sweet en ’n paar goeie sakebesluite. Dié boek is Fokofpolisiekar se eerste goedgekeurde biografie.

Oor die outeur
Annie Klopper (Die Rockjagter) woon in Kaapstad. As musiekjoernalis wat gereeld saam met bands toer, verskyn haar foto’s en artikels in koerante, tydskrifte en op LitNet. Sy is ook ’n bekende gesig op die musiekkanaal MK. Annie behaal ’n M.A.-graad in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch. Biografie van ’n Bende is ’n uitvloeisel van haar M.A.-verhandeling.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R180,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.