Boek: Bipolêre siekte: Kyk my in die oë

Elsabé Brits

Elsabé Brits was ’n ervare misdaadverslaggewer; moordtonele ’n daaglikse roetine, gruverhale deel van haar bestaan. Totdat sy eendag onverklaarbaar geroer word deur die trane van ’n kind, en deur iets heeltemal vreemds en tog vaagweg bekends oorweldig word. Dit was asof ’n ou, ou stuwing in haar opgewel het totdat dit as’t ware deur haar borsbeen gebreek het en sy verswelg is deur die wete: Ek is nie meer ek nie! ’n Monster het van my besit geneem.

Daardie monster was bipolêre gemoedstoornis. Dis ’n siekte waaraan miljoene mense ly, maar wat steeds gehul word deur onbegrip, taboes en stereotipering. Brits vertel haar verhaal vreesloos teen hierdie populêre voorstellings en vooroordele in. Dit is die skreiende verhaal van haar ontreddering in die kil gange van ’n geestesgestig, van volslae verlatenheid – verlate van vriende, kollegas, kundige hulp, en uiteindelik ook van haarself. Maar dit is ook ’n verhaal van die herwinning van die self en eie beheer. Vandag is  Elsabé een van Suid-Afrika se voorste wetenskapverslaggewers. Dit is die verhaal van hoe om met die monster saam te leef. Voluit.

Oor die outeur

Brits is ’n bekroonde wetenskapjoernalis by Die Burger in Kaapstad. In dié boek kombineer sy haar skerp wetenskaplike insig met die menslikheid van iemand wat self aan die rand van die afgrond gestaan het.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R180,00*

*Prys onderworpe aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.