Bitter heuning

Hermione Suttner

“Ek is Mara, die dogter van Bavaria Mara gebore ter see.”

So begin die Sandveldse roman oor die wel en wee van Mara, dogter van Bavaria Mara en Jakop Brandt, die tweede seun van ‘n Sandveldboer van die plaas De Heuwel, teen die oewer van die Bergrivier. Vroeg al verloor Mara haar hart op Theunis, enigste erfgenaam van die buurplaas, Misverstand, maar haar pa Jakop is ’n onverbiddelike man, en dikwels onredelik.

‘n Meesleurende lekkerleesroman, uit die oorspronklike Engels vertaal deur Linda Rode.

Oor die outeur
Hermione Suttner is gebore op Kamieskroon in Namakwaland. Haar pa was Russies en haar ma van Poolse afkoms. Hermione het drama studeer op Trinity College in Londen. Sy is reeds op ‘n vroeë ouderdom aangemoedig om te begin skryf. Bitter heuning is haar vyfde roman, en is losweg gebaseer op die ware lewensverhaal van ’n vrou uit die Sandveld.

Uitgewer: Kwela Boeke
Prys: R210*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.