Bleek Bennie se woeste hoes

Keina Swart

Arme bleek Bennie Botha hoes elke aand dat die mure bewe en sy bed kraak. Sy ma se stink salf en die dokters se stoommasjien help net mooi niks nie. Bennie se beste vriend Piet (dis nou die spinnekop wat ook in Bennie se kamer bly) kla boonop dat Bennie se gehoes hom uit die slaap hou! Bleek Bennie is sowaar MOEG vir die HOES wat hom elke aand so wakker hou. Sal hy ’n plan kan maak om daarvan ontslae te raak?

Oor die outeur:
Keina Swart is die redakteur van Bela-Bela (voorheen Warmbad) se streekskoerant Die Posnuus en ma van twee dogters en ’n seun. Sy is die skrywer van Hoekom praat grootmense so snaaks? (2010) wat ’n ATKV-veertjie wenner is vir die selfleeskategorie (graad 1-3).

Uitgewer: Protea
Prys: R100-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

genina ·

Ek is opsoek na inkleur prente Bleek Bennie se woeste hoes vir my kleintjies Groot asseblief

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.