Bloedsusters

Ilse Salzwedel

Die verhaal van twee vroue wat doen waarvoor niemand anders kans sien nie…

Eileen de Jager en Roelien Schutte se werk is my en jou se ergste nagmerrie, en tóg, noodsaaklik. Iemand moet dit doen…

Ontmoet die twee susters van Pretoria wat nie net daagliks ondenkbare, grusame tonele skoonmaak nie, maar ook probeer om die trauma vir dié wat agterbly, te verlig. Crime Scene Clean-up is ’n maatskappy wat aan dié twee vroue behoort, wat met opgeleide spanne regoor Suid-Afrika tonele van plaasmoorde, gesinsmoorde en selfs selfmoorde – met deernis en empatie – skoonmaak. Gewapen met al die regte toerusting en chemikalieë, maar verál met moed en menslikheid, is dit hulle wat die stukke – soms letterlik – gaan optel.

Die boek raak aktuele temas aan, maar is nie net ’n storie wat grusame feite weergee nie. Dit is ook ’n storie met hart, siel en deernis wat die leser met absolute verwondering en waardering vir die werk van dié twee besondere vroue laat.

NEEM KENNIS: NIE VIR SENSITIEWE LESERS NIE

Oor die outeur
Ilse Salzwedel is een van die bedrywigste joernaliste in Afrikaans. Haar werk het al in feitlik elke Afrikaanse tydskrif en koerant verskyn, en die lys van onderwerpe waaroor sy al geskryf het, is indrukwekkend. Sy spog onder meer met ’n ATKV-Veertjie (2007) vir die Beste Tydskrifartikel in Afrikaans, en ’n PICA (2008) vir die Beste Tydskrifartikel (gekies uit Afrikaanse en Engelse tydskrifte). Sy was ook ’n finalis in die eerste Discovery-toekennings vir gesondheidsjoernalistiek in 2009, en medeontvanger van die 2009 Eli Lilly-toekenning. Een van haar artikels wat in rooirose verskyn het, is ook in 2009 as die Artikel van die Jaar in die Caxton-groep bekroon. Die FAK het haar in 2009 met die HB Thom-toekenning vir Besondere Bydrae tot die Afrikaanse Joernalistiek vereer.

Om ‘n uittresel uit Bloedsusters te lees klik hier.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R160,00*
* Prys onderhewig aan verandering

Bloedsusters is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek hulle webblad http://www.lapa.co.za/Web/Tuis/.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.