Bloedwater

Douwleen Bredenhann

Toe Woudstra Bosman haar in Nederland bel, is Adriana seker hy bel oor haar ma. Sy het dit immers duidelik gemaak dat hy haar net mag kontak in ’n noodgeval. Nou, nadat sy jare gelede kontak met hom en haar familie gestaak het na die verbreking van hulle verlowing, vra hy haar die onmoontlike: Sy moet na al die jare terugkeer na Suid-Afrika toe om haar jonger suster te kom oppas, die suster met wie hy “moes” trou.

’n Verhaal oor liefde, verlies, verraad en die verwoesting van tikverslawing.

Oor die outeur
Douwleen Bredenhann is ’n doodgewone Afrikaanse vrou en ma, tans van Somerset-Wes. In 2010 het sy harte regoor Suid-Afrika geraak met ’n Hemelhoë hekkie, die verhaal van haar en haar gesin se stryd om oorlewing na die moord op haar negejarige dogter, Liesl.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R180,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.