Bloem-skrywer maak skoonskip op topverkoperlys

Foto: Emma Booysen

Jaco Jacobs. Foto: Emma Booysen

Die internasionale maatskappy, Nielsen BookData, stel elke week ’n lys bekend van boeke wat in Suid-Afrika verkoop is. Die lys word ingedeel as fiksie vir volwassenes, niefiksie en dan kinder- en jeuglektuur.

Nielsen tel alle verkope in Suid-Afrikaanse winkels, ook dié van oorsese skrywers.

Jaco Jacobs het hierdie week die sonderlinge voorreg om sy naam 26 keer in die top-100-lys vir kinder- en jeugboeke te sien. Wat meer is, twee van sy skuilname verskyn ook: Tania Brink het twee boeke onder die top-100 en Lize Roux het een boek op die lys. Dit beteken dat 29 uit die top-100 beste verkopers in Suid-Afrika deur Jaco Jacobs geskryf is.

Hierdie statistieke sluit nie sy talle vertalings van kinderboeke in nie.

Net om Jaco se prestasie in perspektief te plaas: J.K. Rowling se naam verskyn vandeesweek sewe keer en die uiters gewilde Jeff Kinney agt keer.

LAPA Uitgewers spog vandeesweek met altesaam 36 boeke op die top-100 vir kinder- en jeuglys.

Die naam Jaco Jacobs is glad nie onbekend in die Nielsen-statistieke nie. Sedert 1 Maart 2013 was hierdie beskeie Bloemfonteinse pa reeds 712 keer op die top-100-lys, ’n gemiddeld van 4,7 keer per week. Dit sluit sy skuilname en vertalings uit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Landi Slatter ·

Dagsê Tania

Dankie vir jou terugvoer. Die foto is geneem deur Emma Booysen. Ons voeg Jaco Jacobs se naam by om verwarring te voorkom.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.