Bo is dit stil

deur Gerbrand Bakker

Netnou gaan ek melk. Môreoggend gaan ek weer melk. En die res van die week natuurlik ook, én volgende week. Maar dit is nie meer genoeg nie. Ek dink nie ek kan meer my kop onder die koeie insteek om op dié manier die dinge hul gang te laat gaan nie. Soos ’n idioot.

Sy hele lewe lank doen Helmer iets wat iemand anders moes doen. Toe sy tweelingbroer Henk op neëntien sterf, moet Helmer sy literatuurstudie in Amsterdam staak en saam met sy pa die plaaswerk doen. Ná sewe-en-dertig jaar is Helmer se pa sterwend. Helmer dra hom na die boonste verdieping van die plaashuis waar hy sy siekbed moet deurbring. Noudat sy pa nie meer bevele kan blaf nie, is dit Helmer se kans om wraak te neem. Of om homself te leer ken en te doen wat sy hart hom voorskryf.

Bo is dit stil is pragtig geskryf, ingetoë en helder, met tallose besonderhede oor die daaglikse boerelewe op die koue, nat Nederlandse platteland.

Oor die outeur:
Gerbrand Bakker (Wieringerwaard, 1962) wen met Bo is dit stil (The Twin) The IMPAC Dublin Literary Award 2010 en die boek is in byna 20 lande te koop. Die Nederlandse filmweergawe van die boek word in 2013 uitgereik.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R200-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.