Boek: 1 minuut-inspirasie vir leiers

 1-minuut-inspirasie-vir-leiers.jpgStan Toler

Dit is nie altyd maklik om aan die stuur van sake te staan wanneer die pad lank en die terrein ongelyk is nie. Maar met die regte motivering en aansporing kan dit ’n tyd gelaai met sukses en uitnemendheid wees.

In 1 minuut-inspirasie vir leiers skep Stan Toler ’n wenkombinasie van motiverende aanhalings, teksverse en vertellings wat jou sal inspireer om die potensiaal in jou eie lewe te ontsluit.

Hierdie sakpas, humoristiese gids bied byna 80 praktiese wenke wat jou gedagtes aan die gang sal sit, waaronder:

  • Leiers sit tyd opsy om te ontspan
  • Leiers het ’n sin vir humor
  • Leiers vra vergifnis

1 minuut-inspirasie vir leiers sal elke leier – ervare of nuut aan die stuur – help om hulle doelwitte te bereik terwyl hulle dié om hulle aanmoedig.

Oor die outeur:

Stan Toler was vir 40 jaar ’n leraar en is die emeritus algemene superintendent van die Church of the Nazarene-denominasie. Dié begaafde leier en internasionale spreker wat al in 80 lande opgetree het, was voorheen die visepresident van John Maxwell se tydskrif INJOY. Stan is die skrywer van meer as 100 boeke waaronder verskeie topverkopers. Verkope daarvan het reeds die 3 miljoen-baken verbygesteek. Hy en sy vrou, Linda, het twee seuns en vier kleinseuns.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R79,95*
*Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.