Boek: 10 Zackies vir die boekrak

Jaco Jacobs

Die Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers – en nou is daar ook ʼn leesreeks, perfek vir beginnerlesers.

Elke boek bevat helder volkleur illustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak. Zackie se avonture saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vriend, Vincent, die moeilikheidmaker Anton en die kwaai buurvrou, mevrou Langenhoven, maak dit hope pret om te leer lees!

Die Zackie Mostert-reeks is deur Jaco Jacobs geskryf.

Dié stories verskyn in Z is vir Zackie-boekpak 1:

  • “Z is vir Zackie: Die rowwe resies”
  • “Z is vir Zackie: Die paddapoets”
  • “Z is vir Zackie: Die beste boomhuis”
  • “Z is vir Zackie: Die perfekte pizza”
  • “Z is vir Zackie: Die pretpark”

Z is vir Zackie-boekpak 2 bevat die volgende stories:

  • “Z is vir Zackie: Die tent-avontuur”
  • “Z is vir Zackie: Die woeste toertjie”
  • “Z is vir Zackie: Die slymerige slakke”
  • “Z is vir Zackie: Die dieretuin”
  • “Z is vir Zackie: Die vreemde fossiel”

Hierdie storiebundels het by Lapa Uitgewers verskyn. Dit is deur Jaco Jacobs geskryf en Alex van Houwelingen is die illustreerder.

Prys: R280,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.