Boek: 101 avonture saam met God

 101-Avonture-saam-met-God.jpgLizette Murray

Die lewe is ’n groot avontuur – veral as jy nog ʼn kind is wat elke dag nuuskierig na nuwe dinge soek.

Lizette Murray herinner kinders aan hul grootste Reisgenoot in 101 avonture saam met God. Met die 101 oordenkings nooi Lizette Murray kinders saam met haar op ’n reis van stories vol opwinding wat hulle oë sal oopmaak vir die klein én groot wonders in die wêreld. Die kort stories wys op hulle vlak vir kinders hoe God in elke avontuur – goed of sleg – saam met ons is. Die boek sluit ook af met en ’n paar lekker speletjies.

101 avonture saam met God sal kinders intrek in die avontuur wat God spesiaal vir hulle gemaak het.

Oor die outeur:

Lizette Murray het in Stellenbosch en die Paarl grootgeword. As onderwyseres en ma van vyf seuns ken sy die hart van ’n kind. Sy is die medeskrywer van ’n bekroonde kinderboek. Ná die dood van haar middelseun sy die rubriek “Henri stap aan” in Lééf begin. In 2008 is hierdie rubrieke as ʼn boek uitgegee. Lizette is tans ’n vryskutskrywer vir Lééf en behartig ’n paar rubrieke in dié tydskrif, onder meer “My hart se punt”, wat deur CUM-uitgewers as bundel uitgegee is. Haar huwelik met George, ’n bedryfsingenieur, is vir Lizette ’n veilige hawe – en steeds ’n avontuur.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R149,95*
*Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.