Boek: 101 Spookgrappe

Jaco Jacobs

Lawwe grappe vir enige onderwerp onder die son! Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese reeks grapboeke vir kinders!

Elke boek bevat hope grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor rugby en krieket, miskruiers, miere en ander snaakse diere, vakansiegrappe en ʼn klomp lekker spokerige grappe!

Hoekom wou die hond nie tennis speel nie? Hy was ʼn bokser. Het jy gehoor van die hokkiespan wat so opgewonde was omdat hulle vyfuur die oggend moes oefen? Toemaar, ek ook nie. Watter soort kryt maak ʼn mens pimpel en pers? ʼn Stoeikryt. Waar boer spoke? In begraafplase. Wat eet vegetariese vampiere? Nek-tariens en bloedlemoene.

Daar is nou vier splinternuwe lekkerlag-titels in die reeks: 101 Sportgrappe, 101 Vakansiegrappe, 101 Spookgrappe, en 101 Goggagrappe. Vorige titels in die reeks: 101 Dieregrappe, 101 Klop-klop-grappe, 101 Lawwe grappe, 101 Grappe vir pousetyd.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R40,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.