Boek: ‘14 maal moord’ – Daniël Lötter

Daniël Lötter

14 maal moord volg op Daniël Lötter se eerste bundel moordverhale, 17 maal moord, wat in 2020 by Protea Boekhuis verskyn het.

Lötter vertel nog van Suid-Afrika se mees opspraakwekkende ware moordverhale in sy gemaklike en dikwels humoristiese styl. Nuwe lewe word geblaas in die slagoffers én die oortreders wat Suid-Afrikaners destyds na asem laat snak en dié verhale laat verslind het.

Oor die skrywer

Lötter is ʼn boorling van die Bo-Karoo, waar hy van kleins af die kuns van stories vertel by meesters op dié gebied geleer het. Hy het ʼn makabere belangstelling in misdaad, veral moord. Vorige publikasies wat by Protea Boekhuis verskyn het, sluit in Die grondpad is ʼn grootpad (2020) en Ware spookverhale van Suid-Afrika (2021).

Prys: R295,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.