Boek: 150 stories deur Nataniël

nataniel 150 stories

Nataniël

Hierdie omvangryke versameling van die bekende en gewilde Nataniël se verhoogverhale is die ideale Kersgeskenk! Nataniël is een van Suid-Afrika se meester-storievertellers op die verhoog.

Sy unieke stem en styl, sy spitsvondige en skerpsinnige humor, sy deernis vir die verskoppelinge en verstotelinge, dit alles maak hom ‘n belangrike stem in ons kultuur en samelewing.

Die versameling sluit in byna al sy verhale (Afrikaans én Engels) uit ouer bundels wat reeds deur die jare uit druk geraak het (Oopmond, Rubber, Maria Maria, Tuesday, Kaalkop², When I was), sowel as 10 nuwe stories.

Oor die outeur:
Sedert sy solo-debuut het Nataniël reeds meer as 70 oorspronklike verhoogproduksies aangebied, 15 albums en 5 DVD’s vrygestel en 16 boeke gepubliseer. Hy is direkteur van sy produksie-maatskappy Nataniël House of Music, asook Kaalkop Studio, vervaardigers van leefstylprodukte. Hy is ook die hoof van die liefdadigheidsorganisasie, The Nataniël Progress Project.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R250-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.