Boek: 20 fabelagtige diereverhale

Hierdie vrolike bundel bevat 20 fabelagtige diereverhale wat elkeen op ʼn unieke manier waardevolle lewenswyshede vir kinders insluit. Dit wys ook hoe waardes in die alledaagse lewe toegepas kan word.

“Donkie se lang pad dorp toe” dra die boodskap oor dat ʼn mens nooit almal tevrede kan stel nie. “Vlermuis, Braambos en Seemeeu hou vergadering” dra by tot die idee dat ʼn mens nie net moet dink aan wat jy kort nie, maar dat jy moet waardeer wat jy het.

Dit is enkele voorbeelde uit hierdie bundel propvol gawe, skaam, vrolike, bang, kwaai en brawe diere. Waaroor wil Mevrou Krap spog? Wat is Olifant se geheim? Het Haas toe die boelies uitoorlê? Moenie langer wag om uit te vind nie!

ʼn Donkie se lang pad dorp toe en 19 ander fantastiese fabels is deur Wendy Maartens saamgestel met illustrasies deur Sanya Olivier. Dit het pas by Luca, ʼn druknaam van Lapa Uitgewers, verskyn en is geskik vir kinders vyf jaar en ouer.

Prys: R190,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.