Boek: ‘25 Trappe na benede’ – Madelein Rust

Madelein Rust

Wanneer Renée Verster-Roux haar swart gewaad, donker grimering en skarlaken lipstif aansit, klim sy trap vir trap af na die wêreld van haar alter ego. As Lisbé is sy nie meer die swartskaapdogter van die ryk Versters nie, maar ʼn bedrewe knoeier wat haar voordoen as ʼn waarsêer om haar trustfonds aan te vul. Vir haar is Janine Oosterhuis, ʼn doktersvrou wat oortuig is haar man wil haar vermoor, presies die soort kliënt wat sy soek: skatryk en paranoïes. Maar die dag toe dié vrou met die groot diamante en bang oë haar huis binnestap, het alles verander. Hoe kon sy voorsien dat iemand die vrou werklik sou vermoor? Terwyl Renée ondersoek instel, veg sy teen nuwe herinneringe en teisterende nagmerries van die dag toe haar driejarige broer dood is. Hoe meer sy probeer uitrig, hoe groter raak haar ma, Melisandré, se afsku. En dan is daar haar ontwikkelende gevoelens jeens Hermann, die onweerstaanbare polisieman.

Wat het daardie dag met haar boetie gebeur? Is dit waarom haar ma haar herhaaldelik straf en oënskynlik haat? En waarom bly sy droom van die kelder in hulle Bayswaterhuis? Wat wag daar om ontdek te word, net 25 trappe na benede? Renée móét onthou as sy haar lewe wil terughê.

Oor die skrywer

Madelein Rust se liefde vir die geskrewe woord begin in die klein skoolbiblioteek van Brandwag Primêr in Bloemfontein, waar sy pousetye die een boek ná die ander verslind. Sy slyp haar skrywerstande reeds op skool, waar sy uitblink in stelwerk en opstelkompetisies. As jong ma sluit sy haar aan by die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, waar sy ʼn aantal pryse wen in die vereniging se jaarlikse skrywerskompetisie vir amateurskrywers.

Prys: R280,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.