Boek: 50 blertse blou

Blouwillem

50 blertse blou is ʼn keur uit Blouwillem se tong-in-die-kies-rubrieke in Beeld, Die Burger en Volksblad. Dié rubrieke het van hom ʼn berugte openbare persoonlikheid gemaak. Hy spot met onder andere aktuele sake in Suid-Afrika.

Oor die outeur

Willem Theron (Blouwillem) is ʼn voorheen bevoordeelde, tans geseënde middeljarige wat omtrent oral in die land gebly het omdat sy pa ʼn polisieman was, alles beleef het omdat hy getroud is, drie kinders en nege honde help grootmaak het, ʼn gebuigde sleepwa besit en ʼn huisverband het wat jaarliks groter word. Hy was al assistentstoker op ʼn trein, spioen, skakelbeampte en bemarker.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R180,00*
*Prys onderhewig aan verandering 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.