Boek: 50 dinge wat jy oor  die hemel moet weet

50_Dinge_Hemel.jpgJohn Hart

Ons wil almal weet wat gebeur met ons wanneer ons doodgaan. Mense vra al hoe meer vrae oor
die hemel en weet nie waar om die antwoorde te kry nie.

John Hart sê egter die Bybel beantwoord al ons belangrikste vrae oor die hemel. 50 dinge wat jy oor die hemel moet weet verduidelik spesifieke Skrifgedeeltes en gee ’n eerlike en pragtige beeld van ons toekomstige ewige tuiste.

Die boek beantwoord 50 spesifieke vrae en elke antwoord word verder ondersteun met addisionele Skrifverwysings vir dieper studie. Vrae wat behandel word, sluit in:

  • Wie gaan almal hemel toe?
  • Gaan ons dadelik hemel toe?
  • Wat gaan ons daar doen?
  • Sal ons ons geliefdes sien?
  • Sal ons ons aardse lewe onthou?
  • Is daar diere in die hemel?

Elke antwoord in 50 dinge wat jy oor die hemel moet weet bied troos en vrede in die waarheid oor die hemel.

Oor die outeur:

Dr. John F. Hart is die afgelope 24 jaar professor by die Moody Bible Institute. Hy het sy ThMgraad by die Dallas Theological Seminary behaal en sy ThD-graad by die Grace Theological Seminary. Van sy artikels het al verskyn in die Journal of the Grace Evangelical Society en Overcoming the World Missions Crisis. Hy bly in die noord-weste van Indiana saam met sy vrou van 32 jaar.

Uitgewer: Cum-Uitgewers
Prys: R139,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

martie ·

Ek wil graag weet hoe kan enige een wat nog nie in die hemel of hel was sé wat daar aangaan. God het vir die man wat gevra het om iemand te stuur en sy mense te waarsku self gesé hul het My woord. So ons kan net in die woord glo

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.