Boek:  7 ritmes vir kinders

 Sewe_ritmes_vir_kinders.jpgTom & Lollie Smith

Ontdek ’n prettige manier om die regte grondslag te lê vir kinders se geloof. Met 7 ritmes vir kinders gee Tom en Lollie Smith vir ouers (en ander versorgers) handige wenke oor hoe om kinders te lei om meer soos Jesus te wees en ’n verhouding met Hom te hê.

Deur hierdie praktiese beginsels herhalend in kinders se lewe toe te pas, vorm dit ’n ritme om hulle meer en meer soos Jesus te laat word.

Deel 1, met breë kantlyne vir notas, fokus op die struikelblokke vir kinders en die proses van verandering.

Deel 2 fokus op die sewe goddelike ritmes:

  1. God is liefdevol en ontmoet ons waar ons is.
  2. God is altyd beskikbaar en wil graag met ons ’n verhouding hê.
  3. God is die weg en genees ons om in sy karakter te groei.
  4. God is die Koning en vra ons om met ons talente sy koninkryk uit te bou.
  5. God is drie-enig en nooi ons uit om in ’n gemeenskap te leef.
  6. God is lief vir die hele wêreld en stuur ons om ook lief te hê.
  7. God is kreatief en roep ons om Hom te volg in ons hele lewe.

Elke hoofstuk in 7 ritmes vir kinders sluit af met besprekingsvrae en ’n praktiese oefening vir die gesin. Ouers en ander versorgers kan ook www.kinderritmes.co.za besoek vir meer ondersteuning.

Oor die outeurs

Tom Smith is ’n pastoor en kerkplanter en die medestigter van Rhythm of Life, wat kerke en organisasies help om missionale dissipelskap te bevorder. Hy het ’n meestersgraad aan die Universiteit van Pretoria verwerf en is ook verbonde aan die Radboud Universiteit. Lollie Smith is ’n Opvoedkundige Sielkundige en haar passie is om families, gesinne en kinders te help om in gesonde verhoudings te leef. Tom en Lollie is in 1998 getroud en het twee kinders, Tayla en Liam.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R129,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.