Boek: Aanspreeklikheid

Jaco Fouché

Jaco Diehl woon op Hermanus. Hy word getuie van ’n poging tot moord op sy buurvrou, en geleidelik word hy betrek by ander dade van geweld: eers op Hermanus, maar later ook op Somerset-Wes en eindelik in Kaapstad. Sy lewe is aan die disintegreer, en dit lyk nie of hy regtig omgee nie. Die hoofkarakter sleur ons al dieper mee in ’n doolhof. Wie is aanspreeklik vir die moorde, en wat is die waarheid? Of word ook die waarheid ’n storie, ’n verdoeseling wat nes Jaco nie vertrou kan word nie?

Aanspreeklikheid is die naaswenner van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd vir 2018. Dit is Fouché se eerste roman in sewe jaar, ’n fassinerende ondersoek na die betekenis van aandadigheid, maar ook die rol van die skrywer.

Oor die skrywer

Jacobus (Jaco) Phillipus Fouché is op 29 November 1967 in Klerksdorp gebore. Hy matrikuleer in 1985 aan die Hoërskool Hermanus. Sy eerste skryfwerk in die vorm van koerantberigte verskyn in die Hermanus Times. Fouché het later ’n kursus in joernalistiek aan die Kaapse Technikon voltooi en toe as programmeerder begin werk. Sy verblyf in Londen was die inspirasie vir sy debuutroman Die ryk van die rawe, wat in 1996 verskyn het. Dié boek is met die Eugène Marais-prys bekroon, en dit was ook ’n finalis vir die M-Net-prys in 1997.

Fouché het vir ’n kort rukkie as teksskrywer by ’n televisiekanaal gewerk voor hy hom in Bloemfontein gevestig het om hom met veral vertaal- en skryfwerk besig te hou.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R285,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.