Boek: Adam Small – denker, digter, dramaturg

adam smallJacques van der Elst (redakteur)

Met Adam Small se oorlye op 25 Junie 2016 het daar ’n einde gekom aan die lewe van ’n unieke mens en ’n unieke oeuvre: ’n digter, dramaturg en denker met besonderse insig in die aktualiteite van sy tyd. Hoewel die toekenning van die Hertzogprys aan Small in 2012 en die gepaardgaande publisiteit daarrondom die idee vir ’n huldigingsbundel by die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns laat ontstaan het, was dit Small se dood wat die deurslag gegee het om dié publikasie te verwesenlik: Wanneer ’n kunstenaar sterf en sy stem vir ewig verstom het, bied dit immers die geleentheid om oorkoepelend oor die geheel van sy kunstenaarskap te besin.

Die bydraes in hierdie bundel dra die ondertoon van ’n afsluiting, ’n terugblik op die mens en kunstenaar Adam Small, met temas soos die toekoms van Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde, die uitbreidende rol van Kaaps, en sosiale vraagstukke soos bendegeweld en armoede. Mense wat Small van naby geken het is hier aan die woord saam met literatore en kollegas uit die maatskaplikewerk-omgewing waarby Small lewenslank betrokke was. Adam Small: Denker, digter, dramaturg – ’n Huldiging hoef nie as afsluiting van die gesprek oor Small se lewe en werk beskou te word nie – inteendeel: Dit bied juis ook geleentheid om die oorkoepelende blik oor Small se kunstenaarskap as inleiding tot verdere ondersoek te benut.

Oor die outeur

Adam Small (1936–2016) was een van die belangrikste swart Afrikaanse stemme om die onreg van Apartheid en die lot van veral die gemarginaliseerde sprekers van Kaaps stem en erkenning in die letterkunde te gee. As opgeleide maatskaplike werker was hy ook lewenslank betrokke by die bemagtiging van armes en onderdruktes in die Suid-Afrikaanse samelewing. Van sy bekendste werke is die toneelstuk Kanna, hy kô huistoe en die digbundels Sê sjibbolet en Kitaar my kruis.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R200,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nouja ·

Dankie vir jou waarderende huldeblyk oor Adam Small. Ek hoop die dag sal spoedig aanbreek waar dit nie nodig sal wees om na iemand soos hy as ‘n swart Afrikaanse skrywer te verwys nie, maar bloot as ‘n Afrikaanse skrywer.

alwyn burger ·

Swart!!?. Ek sien Trevor Manuel met sy blou oë en Duitse herkoms verwys ook na homself as Swart

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.