Leon van Nierop
Angs en adrenalien het die demone in Gustaf Prinsloo se onderbewussyn gevoed, hom laat skryf. Tog droog dit op en hy begin aan onttrekkingsimptome ly. ‘n Kans om sy roman as rolprent te verwerk dwimg hom tot afsondering in ‘n huis in ‘n godverlate deel van die Bosveld, met net sy verbeelding en ‘n mooi rolprentvervaardiger as geselskap. Hy raak bewus van ‘n “derde dimensie”. Nou is die heerlike, verslawende angs terug en kan hy weer skryf. Dan kom hy agter dat die draaiboek ‘n nuwe drif in hom laap opkook. Wanneer sy voormalige vrou egter onverwags opdaag, dwing sy die werklikheid in gruwelike en onvervalste gedaante aan hom op. En maak sy ‘n nuwe monster wakker…Twintig jaar na die verskyning van Adrenalien besoek Leon van Nierop die roman opnuut… en kom Die Waarheid eindelik aan die lig. Want Gustaf besef dat hy sy eie verhaal nooit behoorlik verstaan het nie – en bowenal dat hy nie alleen kan skryf nie.
Oor die outeur
Leon van Nierop is ’n baie bekende radio-, televisie- en romanskrywer. Verder doseer hy rolprentwaardering aan WITS en die Tshwane Universiteit van Tegnologie en is hy ook bekend as rolprentresensent.
Uitgewer: Tafelberg
Prys: R240,00*
*Prys onderhewig aan verandering