Boek: Afrdraaipad

Boek_Afdraaipad.jpgElaine Marais

“As ek terugkom sal ek weer voorbeeldige Lize wees. Almal se staatmaker. Ek glo dat U my die bietjie vryheid gun.”

Met hierdie gebed roep Lize Lategan haar goeie Christelike opvoeding vaarwel. Sy is op ’n vliegtuig onderweg na Engeland vir die werksgeleentheid van haar lewe.

Skaars een uur in die vreemde raak sy, jonk en onervare, egter hals oor kop verlief op haar gasheer, die nimlike Conrad Buckle. Sy het geen weerstand teen sy aanraking nie.

Lize kies ’n afdraaipad en swenk met elke nuwe ondeurdagte besluit verder en verder weg van God en van die Lize wat sy eenmaal was.

In dié euforiese maalkolk van begeerte sien sy nie die waarskuwingstekens raak nie: Conrad bestel haar kos, kies haar klere en neem beheer van elke aspek van haar lewe. Maar sy laat hom begaan. Sy het hom mos lief.

Totdat Conrad een aand sy hand vir haar lig en Lize se lewe onherroepelik verander.

Afdraaipad is ’n verhaal oor verkeerde besluite en pynlike gevolge. Van opstaan en oor begin. Is daar hoop as jy jou rug op God gedraai het? Lize se reis is een wat jou sal bybly.

Oor die outeur:

Elaine Marais woon in die hart van die Breederiviervallei saam met haar man en drie kinders. Haar Christelike liefdesromans is gemik op vroue wat al die veersagte tinteling van die liefde ervaar het, maar ook die wanhoop van onbeantwoorde liefde ken. Afdraaipad is haar derde roman ná haar suksesvolle debuut, Liefde vir Lienke, en tweede roman, Koesterkind. Elaine is betrokke by gevangenis- en kinderbediening en sy is ʼn gemeenteselleier. In haar vrye tyd skryf en sing sy graag.

Uitgewer: Naledi
Prys: R139.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.