Boek: Afrikaans vir almal

9781868901951.jpgIsabel Uys

Hierdie splinternuwe titel is die eerste taalnaslaanbron wat KABV-gebaseer is. Dit bestaan uit twee dele. Die eerste deel sluit taalreëls en nalsaanlyste in, en die tweede deel bevat algemene kennisfeite oor Suid-Afrika en die res van die wêreld.

KABV-vereistes vir Afrikaans Huistaal en Eerste en Tweede Addisionele Taal vorm die basis vir die onderwerpe wat in dié boek bespreek word. Hierdie onderwerpe sluit onder meer  die volgende in: punktuasie, sametrekkings, woordsoorte, letterlike en figuurlike betekenis, geluide van dinge en diere, tye, sinonieme en antonieme, homonieme en homofone en leenwoorde, om maar ’n paar te noem. Dit bevat ook ’n lys met handige literêre terme soos hiperool, klanknabootsing en personifikasie, sowel as nuttige notas oor skriftelike werk.

Die tweede deel van die boek fokus op algemene kennisfeite soos die nasionale simbole van Suid-Afrika, wie ons buurlande is, waar ons elf amptelike tale gepraat word, wie die wêreldleiers is, watter geldeenheid waar gebruik word, en groot uitvindsels van die wêreld.

Die eenvoudige uitleg en duidelike leiding maak hierdie titel ’n moet-hê vir elke leerder wat Afrikaans as ’n Huistaal of Eerste of Tweede Addisionele Taal wil slaag. Dit is ook ’n handige naslaanbron vir volwassenes.

*Die Engelse ekwivalent van hierdie publikasie is ook beskikbaar onder die titel English for All.\

Oor die outeur

Isabel Uys is ’n oudonderwyseres en -skoolboekkeurder van Stellenbosch. Sy is die samesteller van ’n hele aantal studiegidse, veeltalige woordeboeke en feitegidse. Sy het twee ATKV-pryse verower. Baie van haar boeke is topverkopers en sommige is  meer as 16 keer herdruk en bygewerk. Haar taalnaslaanbronne word plaaslik en internasionaal goed ontvang.

Haar titels sluit in die Afrikaanse Makrogids, Feitegids,  English-Afrikaans-Xhosa-Xulu Aid, English-Afrikaans-Northern Sotho-Tswana Aid, Die Suid-Afrikaanse Gids, The South African Aid, The New Macro English Aid, The Basic English-Afrikaans-Xhosa-Zulu Aid en Basic Words om ’n paar te noem.

Isabel het drie jaar aan haar jongste titels Afrikaans vir Almal / English for All gewerk.

Uitgewer: Pharos
Prys: R245.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.