Boek: Afrikaanse Woordelys en Spelreëls

Hierdie elfde omvattend herbewerkte uitgawe bied gebruikers gesaghebbende inligting oor Afrikaanse taalreëls (insluitende nuwe reëls oor leestekens en trappe van vergelyking) en ekstra lyste sluit leiding oor plekname in die Ooste, landname met geldeenhede en ISO-kodes asook elemente in die periodieke tabel in. Verder bied dié uitgawe ook skryfhulp oor transliterasie en Omgangsafrikaans, asook ʼn nuwe toevoeging wat handel oor die SI-stelsel.

Die AWS is die normeringsbron vir Standaardafrikaans wat duidelike leiding oor spelling en skryfwyses bied, en is dus ‘n noodsaaklike hulpbron vir mense wat Afrikaans praat en/of skryf – van skoolleerder tot taalspesialis. Dis as’t ware die handleiding vir hoe om Afrikaans korrek te praat en skryf, en daarom vervul dit ʼn belangrike, onmisbare rol in die gebruik en voortbestaan van Afrikaans. Hierdie elfde uitgawe van die AWS verskyn presies 100 jaar ná die eerste uitgawe in 1917 gepubliseer is.

Lees meer oor die boek.

Oor die skrywer:
Die Taalkommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns is die amptelike liggaam vir die standaardisering van Afrikaans. Die Taalkommissie is verantwoordelik vir die saamstel van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS), ‘n naslaanwerk oor Afrikaans se skryf- en spellingwyses.

Uitgewer: Pharos
Prys: R450-00*

Koop die boek by Graffiti Boeke vir slegs R364-00*
*Prys onderhewig aan verandering

Die boek is vanaf Augustus 2017 beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gideon ·

Geagte Dames ,Here
Ek wil graag n klip in die bos gooi.
Ek is besig om die jong span uit die moeilikheid te hou,en hou hulle besig met sport na skool.
Ek wil groot asb vir die gemeenskap vra of hulle nie vir my kan help met Soccer boots al is dit ook twede hans,sal ek dit baie waardeur,
Baie dankie vir Maroela Media
Coach, Bright Stars

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.