Boek: Afrikaansgids

Nicolaas Faasen

Die Pharos Afrikaansgids is ’n praktiese, alledaagse gids vir studente en ander taalgebruikers wat kopkrap oor taalsake, of wat soms hul eie praat- en skryfwerk wil verryk met ’n gepaste woord en uitdrukking.

Die gids bied riglyne vir spelling en skryfwyses volgens die 2017-AWS en is KABV-geskik.

Behalwe vir die naslaangedeelte wat algemene taalreëls deur middel van eenvoudige definisies en voorbeelde verduidelik, bevat dit ook lyste van woorde wat spellingprobleme oplewer, meervoude en verkleining, intensiewe vorme, vergelykings en idiome. Taalreëls word met eenvoudige definisies en enkele voorbeelde verduidelik. Dit bevat inligting oor sinsoorte, woordorde in sinne en die konstruksie van paragrawe asook ’n kort oorsig oor tekstipes.

Oor die outeur:
Nicolaas Faasen is ‘n vryskutuitgewer en materiaalontwikkelaar. Hy was voorheen voorsitter van PASA se Legal Affairs Committee. Hy was ook uitgewer en uitgewerbestuurder (tale) by Tafelberg.

Uitgewer: Pharos
Prys: R295-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek nou by Graffiti Boeke vir slegs R236-00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.