Boek: Afrikaner-kapitalisme

David Meades

Saam met die sterwe van die ou Suid-Afrika het ook “Afrikaner Volkskapitalisme” gesneuwel, wat veral gekenmerk is deur die einde van die eens magtige Sanlam en sy eweknie in die Noorde, Volkskas, wat eers deel van Rembrandt en toe later deel van Barclays van Brittanje geword het. Hierdie twee organisasies het vir dekades die dinamo van Afrikaner-sake aan die gang gehou.

Terwyl Afrikaner-kapitalisme oor die laaste dekade of wat byna krampagtig gesoek het na nuwe suurstof om te kan oorleef, is daar stil-stil ʼn nuwe grondslag gelê vir ʼn nuwe geslag Afrikaner-kapitaliste. Nuwe mijardêrs is orals geskep deur aandele-pryse wat ten hemele gejaag is en in die proses het dit in die jongste tyd begin lyk of van hierdie bate-spirale op baie dun ys gebou is en dalk ook groot sarsies bedrog.

Hierdie boek bespreek die huidige ekonomiese klimaat op ʼn interessante en toeganklike manier.

Oor die outeur

David Meades het diep spore getrap in die Suid-Afrikaanse sakejoernalistiek oor die jare. Hy het in 1970 die eerste sakeredakteur van Rapport geword en kort daarna was hy by die Rembrandt-groep as redakteur van die destydse Afrikaanse nywerheidsblad, Tegniek, wat later Finansies en Tegniek/Finweek geword het.

Hy was assistant-redakteur van Beeld toe hy die aandelewêreld betree het. Hy was ook 12 jaar lank een van die beoordelaars van die Sanlam-prys vir Sakejoernalistiek. In 2001 trek hy af Kaap toe as bestuurder van die nuwe aandelemakelaarsgroep van Sanlam, SPI. Hy is afgetree en woon tans sop Somerset-Wes.

Uitgewer: Naledi Uitgewers
Prys: R250,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.