Boek: Aksieheld Austin: Onheil op Skedelbaai

Fanie Viljoen

Ewald het nie ʼn bang haar op sy kop nie – veral omdat hy deesdae die ster van die supergewilde Aksieheld Austin-rolprente is!

Die derde fliek, Onheil op Skedelbaai, word op ʼn geheimsinnige eiland geskiet en dinge begin dadelik verkeerd loop. Die vliegtuig beland amper in ʼn ongeluk, iemand probeer Ewald met ʼn mes steek toe hy afswem na die skeepswrak, Sonia Blom word amper van die vuurtoring se trappe afgegooi – en daar is ʼn reusehaai wat in die baai rondswem.

Dan is daar nog Melita – die geheimsinnige meisie wat glo die eiland is vervloek. Sy waarsku dadelik vir Ewald en Cardo dat mense wat te veel weet van wat op die eiland aangaan, sterf.

Hierdie asemrowende reeks avontuurverhale uit die pen van Fanie Viljoen is perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R135,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.