Boek: Al die lieflike dade

al die lieflike dadeCharl-Pierre Naudé

Die poësie is per definisie iets buitengewoons, dit is waaraan Charl-Pierre Naudé se digkuns by uitstek gestalte gee. Die poësie is ’n ander manier van kyk – die metafoor laat jou iets deur die lens van iets anders sien, en so word die wêreld nuut, iets wat van voor af ontdek moet word.

Die poësie, wys Naudé, is iets wat algemeen aanvaarde waarhede problematiseer, dit vreemd maak sodat dit weer beleef kan word. In Naudé se poësie is die vreemde belangrik. Vreemde ruimtes, word betree om dit wat bekend is te herontdek, deur as’t ware van buite na binne te kyk. Op hierdie manier besin die digter oor onder meer sy plek in Afrika, oor die verwerking van ’n Europese oorsprong, sy geplaastheid in ’n klein minderheidstaal, oor die praktyk van poësie-skryf en die soeke na insig wat verby eenvoudige digotomieë streef. Hierdie digterlike besinnig loop dikwels uit op ‘n besef van die waarde van die vlugtige, die efemere, die nie-vaspenbare.

Oor die outeur:
Charl-Pierre Naudé is op 27 Augustus 1958 in Kokstad gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Grens in Oos-Londen. Charl-Pierre verwerf ’n honneursgraad in filosofie aan die Universiteit van Stellenbosch. Ná sy studies het hy as joernalis gewerk en onder meer resensies en artikels vir Vrye Weekblad gelewer. Sy eerste bundel, Die nomadiese oomblik, verskyn in 1995 by Tafelberg, en word in 1997 met die Ingrid Jonker-prys bekroon. Charl-Pierre se tweede bundel, In die geheim van die dag, ontvang in 2005 die M-Net-prys vir Afrikaanse poësie en die Proteaprys vir poësie.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R150-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.