Boek: Al wat oorbly

Santie van der Merwe

Julia Meiring het haar ma verloor toe sy ses jaar oud was. Haar pa is dadelik weer getroud, en sy is deur ʼn ongenaakbare stiefma grootgemaak wat byna die teenoorgestelde was van haar liefdevolle ma. Die stiefma het feitlik al haar aandag aan haar laatlammetjie gewy.

Julia vind die liefde van haar lewe in haar buurman, Wynand du Toit. Hy is ʼn geskeide man, en die pa van twee kinders maar Julia laat haar deur die verhouding meesleur, want Wynand se kinders woon in die Kaap by hul ma, en sy kan hulle heeltemal vermy.

Omstandighede dwing Wynand se eks en haar gesin terug Gauteng toe, en Julia verbreek summier hulle verhouding. Sy sien nie kans om ʼn ma te wees nie, en nog minder ʼn stiefma.

Haar drakoniese stiefma sterf, en Julia besef weer eens hoe min sy van haar eie ma weet. Sy probeer ʼn beeld van haar ma saamflans uit die herinneringe wat haar veel ouer sibbe half onwillig met haar deel. Stadig maar seker besef sy dat haar ma nie ʼn engel was nie, dat haar stiefma nie inherent boos was nie, en dat sy dalk vir Wynand weer ʼn kans moet gee.

Al wat oorbly is Santie van der Merwe se sesde roman.

Uitgewer: Lapa Uitgewer
Prys: R265,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.