David McKee
Elmer, die kleurvolle olifant, is ʼn kleutergunsteling sedert sy skepping in 1989. Die reeks is bekend aan miljoene, en het al meer as 4 miljoen kopieë verkoop regoor die wêreld, in meer as 40 tale. Die subtiele boodskap, dat dit aanvaarbaar is om anders te wees, word gekombineer met die lewendige kleur en astrante humor van die hoofkarakter.
Dit is twee dae voor die Elmer Dag-optog – die dag wanneer olifante hulleself met helder patrone versier. Maar Elmer, die veelkleurige olifant, is verveeld en besluit om vir die grys olifante ʼn yslike poets te bak.
Oor die outeur en illustreerder
David John McKee is ʼn Britse skrywer en illustreerder, veral bekend vir kinderboeke en animasie. In 2006 word hy genomineer vir die internasionale Hans Christian Andersen Toekenning.
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke
Dit is nie aldag dat ek my naam op ‘n boek se buiteblad sien nie.