Boek; Alie aarbeifee en ander feetjiestories uit die aarbeituin

alie aarbeifee

Stefanie Dahle

Twaalf fantasieryke stories geskryf en geïllustreer deur die bekroonde Stefanie Dahle.

Alie Aarbeifee swaai haar towerstaffie van een spannende avontuur na die ander: Klaks Kakkerlak gaps Alie se rooi aarbeirokkie, Piepsie Spitsmuis kry ’n ellendige verkoue, Meneer Pif-Paf en Bibo Skoenlapper help Alie om ’n dief uit die aarbeituin te verjaag, en vele meer…

Stefanie Dahle se lieflike, delikate illustrasies is betowerend mooi en maak hierdie pragtige bundel vol kort voorleesstories perfek vir grootmense en kinders om saam te geniet. Hier wag ’n onvergeetlike fantasieskat!

Oor die outeur:
Stefanie Dahle is in 1981 in Schwerin gebore en reeds as kind het sy ure lank na prenteboeke gekyk of op kamermure geteken. Sy het illustrasiekuns bestudeer aan die Tegniese Universiteit Hamburg en skep deesdae self fantasieryke en wondermooie prenteboekwêrelde waarin mens jou ure lank kan verloor. Sedert 2007 werk sy eksklusief vir Arena Uitgewers.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R130-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.