Boek: Alles oor hekel

alles-oor-hekeldeur Karen Adendorff

Alles oor hekel is ʼn gids tot die basiese tegnieke en steke van hekel en bied ook addisionele inligting rondom die versorging van hekelwerk.

Hierdie boek is die ideale wegspringplek vir diegene wat wil leer hekel, maar bied ook interessante steke en kan as ʼn nuttige naslaanbron vir die gesoute handwerker dien.

Die boek sluit die volgende in:

  • Hekeldraadsoorte en hekelpenne
  • Die basiese beginsels en basiese steke
  • Spanning en toetslappies
  • Lees van patrone en diagramme
  • Kleurwerk, vermeerder en verminder
  • Verskillende steke: riffel, sjevron, skulp, springmielie, trossie, bobbles, ens.
  • Versierings, sirkels, seshoeke, vierkante en randjies
  • Knoopsgate
  • Nate, pars en blok

Oor die skrywer:
Karen Adendorff is ʼn uitgewer by LAPA, maar het ook vele van haar eie topverkopers die lig laat sien: Brei vir die gesin (samesteller,2008), Hekel vir die lekker (samesteller, 2009), Hekel nog lekkerder (samesteller, 2011), Naaldwerkinspirasies (2010), 35 Kruisiesteekpatrone (2012), Mooi met weggooi (2012), Mal oor Mosaïek (samesteller, 2012), en meer onlangs Juwele (2013). Buiten haar publikasies was sy ook die aanbieder van kreatiewe herwinningsprojekte op Droomhuis (KykNet), sy het onlangs haar eie onderneming –HankiDori – begin, en lewer sy maandelikse handwerkbydraes vir Vrouekeur.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R154-95*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.