Boek: Amok op ʼn besemstok

Amok-op-n-besemstok-voorblad-002.jpgJulia Donaldson

Die heks en haar kat vlieg gelukkig deur die lug op haar besemstok. Maar dan kom raap die wind die heks se hoed, toe haar strik en toe haar towerstaf op. In die soektog na hierdie toor-noodsaaklikhede ontmoet die heks en haar kat talle hulpvaardige diere wat saam op haar besemstok wil ry.

Maar is daar plek vir soveel diere op haar stok? En sal die nuwe vriende haar kan red wanneer gevaar dreig? ’n Verhaal oor die vreugde van vriendskap en om met ander te deel.

Oor die outeur

Julia Donaldson is een van die top kinderboekskrywers wêreldwyd. Sy was die VK se “Children’s Laureate” 2011–2013 en het al meer as 100 boeke vir kinders geskryf. Haar boeke het al verskeie pryse gewen, onder andere die Red House Children’s Book Award en die Blue Peter Award. Sy woon in Glasgow, Skotland, saam met haar man, Malcolm.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Niel ·

DMC, is dit omdat jy nie toegelaat was om Liewe Heksie te kyk toe jy klein was nie?
Julai Donaldson se boeke is puik en die illustrasies baie goed. Ons 3 jarige geniet haar boeke al vandat hy 18 maande is en keer op keer sal hy een van haar boeke kies om aan hom voorgelees te word.

Elandie ·

Hierdie vrou is 1 van die beste kinderboek skrywers wat ek nog teëgekom het. Jy moet dit dalk net eers bietjie lees voor jy jou negatiewe opinie lig. Ek sal dit vir enige een aan beveel. En glo my jou kinders SAL dit geniet. Ek hoop net hulle vertaal meer van haar boeke in Afrikaans. Want dis regtig die moeite werd!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.