Boek: ‘Anderkind’ – Betsie van Niekerk

Betsie van Niekerk

Anderkind, deur Betsie van Niekerk, is ʼn historiese jeugroman wat in die tyd van die Groot Griep in 1918 afspeel.

Dit vertel die verhaal van twee dapper tieners, Johannes en Dina, tydens die dodelike griepepidemie van 1918. As die enigste oorlewendes uit hul gesinne op twee buurplase in die Sandveld, kruis hul paaie met dié van oom Andries, ʼn dorpenaar wat ook sy hele gesin verloor het. Tesame met Lya, wat Johannes help grootmaak het, trotseer hulle verskeie uitdagings – van wilde diere en boewe tot die regering se beleid oor weeskinders en die eienaarskap van plase.

Van Niekerk het in 2021 silwer in die Sanlampryse vir Jeuglektuur verower vir Anderkind. Sy het ook in 1996 ʼn Sanlamprys vir Gamkab ontvang.

Prys: R180,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.