Boek: ‘Antoinette sê’ – Antoinette Pienaar

Antoinette Pienaar

“Stories is medisyne, die Lennon’s van die lewe.” So vertel Antoinette Pienaar in Antoinette sê dat stories al menigmaal haar lewe gered het.

“As ek myself in die storie herken of as ʼn storie ʼn spieël vir n groot gebeurtenis in my lewe word, help dit my om getuie te word van my eie lewe.”

Antoinette sê bevat ʼn versameling kortverhale oor die stories wat op Pienaar se werf op Theefontein uitspeel, oor haar kinderdae op Carnarvon, oor kwaai kalkoene, en stories oor die son wat sambokslaan op hulle sinkdakke. Daar is ook stories oor hoe mens die weer vir weke “lees” en op die uitkyk is vir reën en stories oor die baldadige vreugde wanneer die Blou Dak se Baas ʼn slag sy gieter oor die vlaktes en die berge laat leegloop.

Oor die skrywer

Pienaar is in Carnarvon as een van vyf dogters gebore en het ʼn graad in drama aan die Universiteit Stellenbosch behaal. Daarna het sy ʼn sangloopbaan gevolg met landwye optredes waarin sy dikwels historiese heldinne soos Krotoa van die Kaap besing het.

Ander boeke uit Pienaar se pen sluit in Kruidjie roer my (2017) en Die lang man sonder skaduwee (2018), albei deur Penguin Random House uitgegee. Antoinette sê het pas by Naledi Uitgewers verskyn.

Prys: R250,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.