Boek: Armand Kook Kaal 2

Armand Aucamp se eerste kookboek was ’n wegholsukses. Sy toeganklike benadering tot kos het baie mense oortuig van ’n nuwe manier van eet en leef – vars, onopgesmuk, met sakpas-bestanddele in die keto- en banting-styl. Sy boek het gewys dat van lekker eet kom gesondheid en optimale gewig.

In Armand Kook Kaal 2 stroop hy sy gunstelingdisse (en homself) nog verder. Sy selfopgelegde uitdaging was om bestanddele wat reeds in sy koskas was, te gebruik. Dié kreatiewe verkennings lei tot ’n van-plaas-tot-tafel-aanslag wat wys dat die smaaklikste en gesondste kos eenvoudige kos is.

Armand Kook Kaal 2 bestaan uit 50 banting- en keto-vriendelike disse. Stap vir stap, en met pragfoto’s daarby, wys Armand hoe om heerlike disse te skep uit vars bestanddele sonder om die skaal of beursie te laat ly.

Voeg Armand se keto-kruierolletjies, murgpamoen-röstis, en klappermelk-panna cotta tot jou kookarsenaal toe en pluk die vrugte.

Prys: R345,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.