Boek: As die kat weg is…

Annette Herzog

Ontmoet vir Aristoteles, ʼn kat met hope houding!

Aristoteles is ʼn silwergrys mannetjieskat in die fleur van sy lewe en hy is baie mooi – hy reken immers self so. Anna en haar gesin dink gelukkig ook so. Altans, dis wat Aristoteles dink. Dit hou aan tot die dag toe hy uitvind Anna wil graag ʼn hond vir haar verjaardag hê.

ʼn Hond! Watter verstandige agtjarige dogtertjie wil so ʼn irriterende, keffende dierasie hê?

Aristoteles is vasbeslote dat dit nie gaan gebeur terwyl hy die kat in die huis is nie! Al wat hy hoef te doen, is om Anna te laat besef hoeveel hy vir haar beteken. Hy gaan wegloop om sy punt te bewys.

Ongelukkig is die lewe van ʼn straatkat nie heeltemal wat Aristoteles verwag het nie.

Hierdie snaakse, avontuurbelaaide storie word uit die perspektief van Aristoteles die kat vertel. Dit is briljant deur die veelbekroonde Kobus Geldenhuys uit die oorspronklike Duits vertaal.

Oor die outeur

Annette Herzog is ʼn Duitse kinderboekskrywer. Sy is ʼn opgeleide tolk en vertaler in Duits en Engels. Ná haar studies aan die Universiteit van Greifswald het sy verskeie jare as vertaler in Berlyn gewerk. Herzog woon sedert 1991 in Kopenhagen waar sy vir internasionale organisasies soos die Wêreldgesondheidsorganisasie gewerk het en deeltyds begin skryf het. Sedert 2000 skryf sy voltyds en haar kinderboeke word in Duitse en Deense tale gepubliseer.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R150,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

bren ·

Kan Maroela nie asb vir ons ISBN ook plaas by nuwe boeke nie asb?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.