Boek: ‘As die katjiepiering blom’ – Audrey Jantjies

Audrey Jantjies

As die katjiepiering blom is ʼn bildungsroman wat in die Overberg en Kaapstad afspeel. Dit is Lea Floris se komvandaanstorie wat sedert die 1980’s afspeel. Haar ouers, Jakob en Dientjie, is plaaswerkers en die omstandighede van haar kinderjare is moeilik. Maar een besluit verander die koers van haar lewe en Lea vlug van haar vriende, familie en alles wat sy ken. Dit is ʼn storie van liefde, hoop en ʼn beskermengel of twee.

Oor die skrywer  

Jantjies is gebore in Suurbraak of !xairu, wat “a place called paradise” beteken, maar het op Swellendam grootgeword. Sy het gereis om die wêreld so bietjie meer te leer ken en het vir ʼn paar jaar in die Kaap gewerk en woon. Sy is tans weer tuis in die lieflike Overberg.

Prys: R250,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Christa Steyn-Bezuidenhout ·

Dagsê Ouvrou

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die boek kos R250,00. Ons het reeds die fout reggestel!

Groetnis
Christa Steyn-Bezuidenhout
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.