Boek: ‘As jy droom’ – Daniëlla van Heerden

Daniëlla van Heerden

Elke droom begin met ’n dromer. Megan se droom is om saam met ander tieners ’n vliegtuig te bou en daarmee van Kaapstad na Kaïro te vlieg. Haar doel is om kinders in ander Afrikalande te inspireer om ook hulle drome vlerke te gee. Toe die vliegtuig uiteindelik meer as ’n jaar later gereed is, pak sy en haar medevlieëniers ’n reis vol avonture en naelbyt-oomblikke aan.

As jy droom is ’n storie van durf, deursettingsvermoë, hoop en hartseer. ʼn Avontuur met soveel adrenalien dat jy dit dalk vergesog sou noem – as dit nie die waarheid was nie …

Oor die skrywer

Daniëlla van Heerden is ’n TV-nuusleser en -joernalis. Vir haar werk by eNuus op kykNET is sy onder meer bekroon as die Nasionale Persklub se TV-nuusjoernalis van die jaar, en sy het ook ʼn ATKV-mediaveertjie ontvang vir die beste TV-insetsel. Die Afrikaanse Taalraad het Van Heerden vereer met ʼn Kokertoekenning vir haar bydrae tot Afrikaans, en in 2017 word sy aangewys as die Noordwes-Universiteit se Jong Alumnus van die Jaar. Van Heerden en haar fotograafman Cornel het ’n dogtertjie, Simone. Die gesin woon saam met hulle Jack Russells in Roodepoort.

Oor die illustreerder

Megan Werner is ʼn 19-jarige vlieënier, sowel as motiveringspreker en stigter van die U Dream Global-inisiatief. Werner het in 2019 gematrikuleer en is tans besig met haar kommersiële vlieglisensie. Sy woon naby die Lanseria-lughawe in Johannesburg.

Prys: R180,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Pan Macmillan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.